Heartlands Baby Sanctuary is 'n gevestigde nie-winsgewende organisasie in Somerset-Wes. Op 1 Mei 2015 het Heartlands Baby Sanctuary ontstaan met die doel om die behoeftes van kwesbare siek kinders in ‘n moderne veranderende samelewing te verlig en daardeur word die organisasie se slagspreuk gevorm, “dit is elke kind se geboortereg om aan 'n liefdevolle familie te behoort”.

Alle kinders word vir 'n tydperk van ses maande weer teruggeplaas in die gemeenskap by hul eie ouers, pleegsorg of aanneming.

Heartlands is ook 'n HOSPITIUM vir kinders van geboorte tot 6 jaar, ʼn “step-down” mediese fasiliteit en 'n geregistreerde geestes gesondheids-fasiliteit, asook ʼn “Child and Youth Care Centre” vir verlate, verwaarloosde en mishandelde kinders.>>

Babas en kinders word versorg:

- Met lewensbeperkte en lewensbedreigende siekte soos kanker, TB,HIV, FAS
- Versorging van babas van ouers met dwelms en alkohol afhanklikheid
- Palliatiewe versorging vir terminale siek kinders
- Verligtingsorg vir kinders wat akuut siek is
- Versorging van kroniese siek, verwaarloosde en verlate babas

Die passie en toewyding van vrywilligers help om ʼn groot impak te maak in die kinders se lewens. Vrywilligers kry die geleentheid om met die kinders te werk, asook om te help met ander programme soos kook, administrasie, vervoer, ons boek- en tweedehandse winkel asook onderhoudswerk aan die fasiliteit.

Die volgende vrywilliger inligting-sessie vind plaas die 12'de Februarie 2018 om 18:00 by Heartlands Baby Sanctuary (794 Old Paardevlei Rd, The Interchange, Somerset West). Hier sal meer inligting deurgegee word hoe om aan te sluit as ʼn vrywilliger.

Die onkostes asook die hoeveelheid kinders wat ons versorg verhoog met tye en sonder finansiële ondersteuning raak dit baie moeilik om volhoubaar te wees. Maandelikse onkoste per kind beraam ʼn minimum van R5 500. Dit sluit verpleegsorg, medisyne, kos en klere in. Sommige van ons kinders het spesiale sorg nodig wat mediese en dieet koste verhoog.

Ons doen ʼn beroep op die gemeenskap om saam met ons ʼn groter impak te maak in die kinders se lewens en om ʼn volhoubare diens te lewer.

Vir meer inligting besoek ons webtuiste by www.heartlandsbaby.org of kontak 021 852 3527

Top