Op Sondag 28 Januarie is ons Kiddiekerk besoek deur ons eie “Mr Incredible”, alias Francois Retief. Groot was die verrassing en verbasing toe
“Mr. Incredible” sy opwagting maak. Die seuns veral, het “gehang” aan sy spiere.

Ons het oor Josua gesels wat ook soos ‘n superhero was en op God vertrou het, veral in die tye wat hy bang was, sodat Hy kon gehoorsaam wees aan God se opdragte. Soos Josua 1:9 sê: “Wees sterk, wees vasberade, moenie bang wees nie, moenie skrik nie, want ek die Here jou God is by jou.”

Ons graad 1 tot 3 kinders het ook dié teks aangeleer om sodoene nie net God se Woord te hoor nie, maar ook te memoriseer sodat hulle die teksvers kan aanhaal wanneer hulle bang of moedeloos is.

 

 

Top