Wanneer jy hoor 14 Februarie, hoor jy gewoonlik Valentynsdag: rooi rose, ete saam met jou geliefde, ens. In 2018 gaan ons hierdie dag nog mooier maak. Dit is dan ook Aswoensdag – die begin van die lydenstyd. Ons bede is dat in die lig van die droogte die hele lydenstyd vir die kerk van Christus ʼn tyd van verootmoediging en gebed sal wees.

Ons begin dus op 14 Februarie as ʼn dag van verootmoediging en gebed. Ek gaan dus nie net op 14 Februarie met liefde aan my geliefde erken en bely nie, maar ook my liefde aan God en vir die skepping wat Hy vir ons gegee het. Die kapel gaan van 06:00 oop wees vir almal om te kom stil word in God se teenwoordigheid. Om 17:00, 18:00 en 19:00 sal daar ook ʼn Aswoensdagdiens wees wat sal aansluit by die tema van verootmoediging en gebed.

Top