Besoek gerus die projekte in die Tent na Sondag se dienste. As die Here iets op jou hart lê, maar daar is nog nie so ‘n bediening nie, kom gesels met Louise Theron.

Hier is iets meer oor die predikers vir die dienste tydens die Uitreikfees:

Mike Burnard het 36 jaar se ondervinding in sending met ‘n diepe begeerte om die ervarings, blootstelling en kennis wat die Here in sy lewe toegelaat het te gebruik om strategies na wêreld tendense, sleutel lande en nuwe moontlikhede binne ‘n sending konteks te kyk. Na 25 jaar diens aan die vervolgde Kerk in die Midde ooste, Asië, Afrika en die Sub-kontinent het Mike homself die laaste 8 jaar toegewy aan ‘n nuwe inisiatief wat spesifieke tendense en wêreld gebeure binne ‘n sending konteks aanspreek.

Eric Swanepoel het sy bediening begin by die NG Kerk Durbanville Bergsig as predikant tot einde 2014. In 2015 raak hy en sy vrou deel van die voltydse span by INcontext International waar hy tans dien as die ontwikkeling– en verhoudings-bestuurder. Die fokus van die bediening is om Christene en gemeente in te lig en toe te rus om strategies na sendingbetrokkenheid te kyk in die lig van huidige wêreld-gebeure.

Lebo Molisalife het twee jaar sendingwerk in Indonesië gedoen en is die afgelope jaar voltyds by INcontext in diens. Sy was ook vroeër die jaar Libanon toe gewees waar sy onder die vlugtelinge kon bedien en het sopas weer van Indonesië teruggekeer na ‘n kort besoek.

Top