Ons rol as gemeente
Ons glo en vertrou dat God voorsien; dat God nie net gee omdat ons dit nodig het nie, maar ook omdat ons daarvoor vra; dat God ook aktief by ons teenwoordig is in tye van droogte en rampe. Ons glo ook dat God ons in tye van rampe en krisisse begelei om vir mekaar daar te wees.

Dit is nie nou die tyd om mekaar te blameer wie en wat vir die droogte en waterkrisis verantwoordelik is nie. Ons is almal saam hierin. Die waterkrisis raak ons almal en ons almal is deel van die oplossing.
Ons is alreeds in gesprekke met ander gemeentes/kerke om saam ‘n rol te speel en verantwoordelikheid te neem vir die waterkrisis - voor en na Dag Zero. Indien jy graag deel wil wees van hierdie proses, kan jy met Hannes Theron skakel.

Top