Op 3-4 Februarie 2018 is dit Helderberg Gemeente se jaarlikse Uitreikfees.

Ons is bevoorreg om Mike Burnard van INcontext hier by ons te hê. Na 25 jaar diens aan die vervolgde Kerk in die Midde-Ooste, Asië, Afrika en die Sub-kontinent het Mike homself die laaste 8 jaar toegewy aan ʼn nuwe inisiatief wat spesifieke tendense en wêreld gebeure binne ʼn sending konteks aanspreek. Kliek hier om meer oor Mike te lees.

Mike gaan op Saterdag, 3 Februarie van 09:00-12:30 in die kapel met ons gesels rondom die onderwerp: Om kerk te wees in ʼn veranderende konteks (gratis en almal is welkom). Die Sondag gaan al die projekspanne van Helderberg Uitreik ʼn uitstalling hê; Mike Burnard gaan by die klassieke en informele diens preek; en Eric Swanepoel by die Aandkerk.

INcontext gaan ook by die tienerkerk betrokke wees. Wat ʼn voorreg om in ʼn veranderende konteks op ʼn tasbare manier die liggaam van die Here Jesus Christus te kan wees.

 

Top