My naam is Leandra Minnie, ek is van Despatch in die Oos-Kaap en ek het 13 jaar terug verhuis na Somerset Wes. 

Ek het twee kinders Juan-Pierre (13) en Abigail (6), my kinders is baie na aan my hart dus was dit 'n maklike besluit vir my om korperatiewe werk te verruil vir my eie boekhou-besigheid, sodat ek my werksure rondom my kinders se skedule kan beplan.

Ek is ook deel van die Harmony-projek van Helderberg Uitreik. As enkelouer het ek baie geleer en gegroei en verstaan ek waardeur mense gaan wat hierdie paadjie loop. Ek gee om vir mense en by die Harmony-projek het ek my plekkie gevind waar ek my gawes kan uitleef en ook weer ander mense kan help wat nog stukkend is en sodoende moed gee vir die toekoms.

Hierdie jaar het ek ook by die Kleuterkerk as hulp-koördineerder betrokke geraak, omdat dit vir my en my kinders die geleentheid gee om saam betrokke te wees by die kerk. Dit is ook hier waar ons kan teruggee in tyd en gawes vir al die blessings wat ons as gesin die laaste paar jaar reeds ontvang het.

Sover geniet ons nog elke oomblik en hoop ek om al die maats en ouers beter te leer ken.

Top