Word jy geraak deur dood, egskeiding of enkelouerskap?
Harmony-projek begin vanaf 15 Februarie om 17:30 in die Tent met die volgende 13 week-siklus kursusse in GriefShare; Single&Parenting; DivorceCare en DC4Kids. Die inter-kerklike programme is gegrond op Bybelse waardes wat volwassenes en kinders toerus en ondersteun wat geraak word deur die veranderinge in die familie struktuur.
Besoek http://www.churchinitiative.org/ vir meer inligting.

Ons eet vanaf 17:30 lekker saam in die Tent en dan begin die onderskeie programme om 18:00 - 20:00. Moenie alleen hierdie pynlike pad loop nie – daar is mense wat verstaan en jou kan ondersteun. Kom word gerus deel van ons “familie” - enigeen is welkom, ook nie-lidmate.

Kontak ons ook gerus as jy op ‘n ondersteunende manier wil betrokke raak as donateur of adviseur, Annette Botha by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 072 189 9360.

Top