2018 is hier met ‘n groot “Restart”. Gedurende laasjaar het ons baie terugvoer gekry oor ons eredienste. Die Aanbiddingsbediening wil graag hierdie jaar saam met julle ‘n pad stap om ons eredienste werklik ‘n plek van aanbidding te maak gerig op die verskillende maniere hoe ons God spiritueel ervaar.

Ons is besig om te droom en gaan in die tyd nuwe elemente inbring. So as dinge dalk so bietjie anders voel of lyk, droom saam met ons en gee vir ons terugvoer.

Die eredienste is ‘n plek om die Here te ontmoet, om mekaar te ontmoet en saam te ervaar en te gee. Mag die restart van 2018 ook ‘n restart in die hart van ons eredienste wees. En as jy nuut is, gaan ervaar die verskillende tipe dienste en vind ‘n plek waar jy tuiskom in aanbidding.

Stuur gerus ‘n e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Top