Mia Cara Ferreira is tans by CHOP (Children's Hospital of Philadelphia) vir Car T-cell behandeling. Ongelukkig kon dit nog nie begin nie weens nog 'n terugslag. Mia Cara het op 28 Desember 2017 gegaan vir roetine bloedtoetse by die Rooikruis Kinderhospitaal en moes toe die slegte nuus kry dat sy vir die derde keer 'n terugslag gehad het. Chemo (baie sterk) het dadelik begin en planne om 29 Desember VSA toe te vertrek was eers op ys.

Kankerselle is opgespoor in haar beenmurg en spinale vloeistof. José en Sumien het gevra dat almal sal bid vir Mia Cara. 'n Gebedsketting is gevorm en mense van oral oor het saam gebid en dié familie aan die Here opgedra.

Op 31 Desember kom die goeie nuus dat Mia Cara se kankersel-telling begin daal, gepaard met erge koors, kopseer en naarheid hou die klein vegtertjie aan met veg. Toe op 3 Januarie kon die Ferreira-gesin vertrek na die VSA.

Daar was 'n vensterperiode waarin Mia Cara sou kon vlieg en die hospitaal hier het haar voorberei op die vlug. CHOP se ambulans sou gereed staan om haar op die lughawe daar te ontvang. Toe 28 uur later kon Mia Cara per ambulans na CHOP vertrek. Op 11 Januarie verneem hul dat daar steeds baie kankerselle teenwoordig is en Mia Cara moet weer met chemo begin. Die Car T-cell behandeling kan nog nie begin nie. Dit het ongelukkig baie finansiële implikasies.

Daar word fondse ingesamel vir Mia Cara se behandeling en as jy ook wil betrokke raak kontak gerus vir Annette Gerber by 082 545 7718 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Volg gerus Mia Cara se Facebook bladsy: Hope For Mia Cara of besoek gerus haar webtuiste: www.hopeformiacara.com

Top