“Dit het my week gelaat van waardering en deernis teenoor mense soos julle, wat ons (die kinders) van geen kant ken nie en tog so ‘n groot bydrae maak tot ons kindertjies se lewens. Wees verseker julle het baie se harte deur die gebaar aangeraak en warm laat klop, veral oor al die moeite en geld wat ingesit is om bokse van die kaliber saam te stel.

Die woord DANKIE is so gering en regverdig nie die grootheid van jul projek nie, maar wees verseker dit kom uit ons skoolgemeenskap se diepte
van hul harte.”- Skoolhoof van Zoar E.K.Primêr.

Top