Hoop Geloofsgemeenskap sluit Sondag, 3 Desember ‘n eerste jaar van byeenkomste af in die Curro Sitari skoolsaal. 

Die nuwe gemeenskap hou ‘n nagmaalsfees en piekniek. Volgens Danie Möller kyk hulle met groot dankbaarheid terug na ‘n opwindende en baanbrekerjaar. ‘n Eerste leierspan is onlangs bevestig en ons sien met groot afwagting uit na 2018.

As jy weet van mense wat in die omgewing van Curro Sitari intrek, vertel vir hulle van Hoop Geloofsgemeenskap. Die Sondagbyeenkomste hervat weer op 21 Januarie 2018.  Kontak Edwin Anderssen 082 4901599 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Top