Helderberg Ontwikkelingsentrum
Ons benodig dringend dosente om in 2018 klas te gee by ons sentrum.
Formele onderrig kwalifikasies is nie ‘n vereiste nie, maar wel ‘n begeerte om ‘n verskil te maak in lewens van werklose dames in ons omgewing, om hulle te bemagtig met werksvaardighede.

Kontak Celeste by 021-852 5720 of
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Hoop Geloofsgemeenskap (HGG)
Gemeentekoördineerder
(6 maande kontrak)

HGG is ‘n evangelisasie projek van Helderberg Uitreik.

HGG benodig die dienste van ‘n dinamiese en bekwame persoon wie behulpsaam kan wees met die koördinering van die gemeente aktiwiteite.

Pligte sluit in:
Daaglikse administrasie wat toegespits sal wees op kommunikasie, prosesbestuur en instandhouding van persoonlike kontakte en verhoudinge
Bemarking dmv verskeie platforms en media hulpbronne
Koördinering van bedieningspanne
Koördinering van spesiale geleenthede en byeenkomste
Begrotings voorberei

Datum van diensaanvaarding: 1 Januarie 2018

Indien ‘n kandidaat beskik oor goeie tweetalige kommunikasievaardighede, bereid is om die visie van HGG te deel en te ondersteun, binne/naby die bedieningsgebied van HGG woon en gemaklik kan inval by die bestaande strukture, sal dit in sy/haar guns tel.

Rig aansoeke, met ‘n volledige CV, per epos aan Louise Theron by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Rig navrae per epos aan Edwin Anderssen by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Sluitingsdatum van aansoeke: 16 November 2017

Top