Seniorsorg het in September ‘n besoek gebring aan Huis Marie Louw. Ons het met liefde ‘n bossie blomme aan elke inwoner oorhandig. Die atmosfeer was met vreugde gevul toe almal heerlike tee en kolwyntjies geniet het.

Mercia se groep het met sang en musiek die spreekwoordelike kersie op die koek gesit. Ons het groot waardering vir almal wat bygedra het tot die sukses van die funksie.

Seniorsorg beplan om Woensdag 15 November Huis Zandvliet te besoek om vreugde in die lewens van die inwoners te bring.

Baie dankie aan die gemeente en Helderberg Uitreik vir al die gebede en bydraes vir Seniorsorg.

 

Top