In ons gejaagde lewens is dit al selfs vir ons kinders iets ongewoon om te ontspan, niks te doen, net te speel en kind te wees. Op Vrydag, 27 Oktober het 45 opgewonde graad 1 – 3 kinders hier aangekom vir die jaarlikse oorslaap! Dit was hope pret, lekker saamspeel, pizza-eet, saam gesels en lag.

Ons het ook geleer oor hoe deel ek God se Goeie Nuus met my maats met behulp van die Woordlose boekie.

Kinders is huis toe met ‘n papier kwakkertjie wat hulle kan gebruik as ‘n speletjie wanneer hulle die Goeie Nuus deel, asook ‘n verduideliking van die kleure van die Woordlose boekie.

Natuurlik is ‘n oorslaap nie ‘n oorslaap sonder ‘n fliek nie en het ons heerlik saam gekyk tot Klaasvakie ons oorval het. Dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het. Dit was hope pret!

Top