Helderberg Uitreikbestuur het op 4 November hulle jaarlikse strategiese-sessie gehou.

Gerig uit Joh 21:15 – 19 soos opgeteken in die Bybel vir Almal, het die boodskap duidelik deurgekom in Jesus se opdrag aan Petrus: As jy my liefhet…
- Moet jy my skape laat wei
- Jy moet ‘n herder wees vir my mense
- Jy moet sorg vir my mense
- Kom saam met my!

Met hierdie oproep om saam met Jesus te gaan, waar Hy ookal lei, het die span hulle strategiese denke gerig en gebid vir die projekte (bedieninge) volgens hulle spesifieke behoeftes.

Strategiese riglyne en planne vir die komende jaar is opgestel. Die bestuur is opgewonde om te sien waarnatoe Jesus Helderberg Uitreik en die lidmate van Helderberg Gemeente en Somerset-Wes Moedergemeente wil saamneem. Ons is reg om saam te gaan!

Op die foto is voor Stephany Baard en Leone Malan, middel is Danie Möller en Louise Theron, agter is Emil Krugmann, Chris Hollenbach en Kotzé van Wyk

 

 

Top