Gasvryheid is deel van ons gemeente se kultuur en waardes. Daarom het ons die afgelope Sondag as deel van ons Tema: Met wie sit ek om die vuur ‘n paar Helderberg houtlepels uitgedeel.

Die idee is dat die gemeentelede wat dit ontvang het iemand uitnooi vir ‘n kuier, ete of sommer net ‘n koppie koffie sodat ons tyd saam met mekaar kan spandeer en mekaar beter leer ken. Daarna gee jy dan weer die lepel vir die volgende persoon sodat dit deur die gemeente kan rondkuier.

Ons wil ook graag foto’s en stories van die kuiers hoor – stuur dit gerus na ons Faceboek-blad: Helderberg Gemeente Gesels Lekker.

Gasvryheid is deel van ons lewe, omdat die Here vir ons belangrik is. Kom ons help om die gasvryheidskultuur in Helderberg te help bou.