Die 24-uur Bybelleesmarathon was ‘n reuse sukses en die atlete het met ‘n rekordtyd van 15 uur 30 minute klaargemaak. 
Daar was 318 tydsgleuwe van 15 minute. Oud en jonk het deelgeneem. 
Ter afsluiting het die gemeente en jeug het tydens die informele diens die laaste verse van Openbaring 22: 21 en 21 hardop saam gelees:  “Hy wat dit alles getuig sê:  “Ja, Ek kom gou!”  Amen! Kom, Here Jesus!  Die genade van die Here Jesus sal by almal wees.”

Hier volg ‘n paar aanhalings van die deelnemers:
- Die Bybelleesmarathon was voorwaar 'n heerlike ervaring. Daar is regtig 'n behoefte om die Woord te lees - dit was verrykend om te sien hoe mense inkom en net nie kon ophou lees nie. Verskeie mense het gesê dat hul dele gelees het wat hulle nog nooit gesien het nie - so het die Here met elkeen 'n afspraak gehad.
- Ek kon nie ophou lees nie…
- My gedeelte het so met my gepraat …
- Die 15 minute tydslot was te kort toe ek eers begin lees…
- Ek het ‘n gedeelte gelees wat ek nog nooit vantevore gelees het nie – dit was so interessant …
- Dis wonderlik om te sien hoeveel kinders deelgeneem het!

Top