Sondag 29 Oktober is Nagmaalsondag en ons wil sommer lekker saam kuier na die diens.

Ons maak ‘n heerlike hoenderpotjie (R50) en boereworsrolle (R25) – kaartjies is vanaf vandag by Ontvangs te koop. Tafels en stoele is beskikbaar, bring jou eie mandjie met eetgerei en drinkgoed. Ons wil graag as gemeente mekaar beter leer ken. Dit is dus nie vir wegneem nie, maar om hier as gemeente saam te eet.

Alle kaartjies moet asseblief vooraf gekoop word sodat ons weet vir hoeveel om voor te berei. Jy kan ook jou bestelling en betalingsbewys e-pos na: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Ons bankbesonderhede is Rekeningnaam: NG Kerk Helderberg, ABSA Bank Somerset-Wes, Reknr: 2900 5900 94, Takkode: 632 005. (Verw potjiie). Betaalde kaartjies moet vooraf afgehaal word.
Kom geniet die dag saam met ons.

Top