Mia Cara en haar gesin is in ons gemeente en sy is al ‘n geruime tyd op ons gebedslys. Sy is met Acute Lymphoblastic Leukemia gediagnoseer en het onlangs haar sewende blok behandeling ondergaan. Die behandeling is ongelukkig nie meer voldoende nie en ander opsies moet oorweeg word.

Meer effektiewe behandeling, T-sel terapie, is beskikbaar in Amerika, maar om haar daar te kry moet ‘n yslike bedrag geld ingesamel word.

Ons wil graag hierdie gesin ondersteun deur die volgende:
- sakke is beskikbaar teen R100 by die kerkkantoor
- cupcakes teen R15 te koop tussen die twee oggenddienste op 22 Oktober, bestellings kan geplaas word by Meagan (071 354 0509)

Gaan lees meer oor haar storie by https://igg.me/at/5zH2WYeKOhk

En sluit asb aan by haar facebook bladsy vir meer inligting oor fondsinsamelings by https://www.facebook.com/hopeformiacara/

Vir meer inligting kontak vir Annette by 082 545 7718 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Top