Dié fonds versorg net Helderberg lidmate met finansiële en emosionele probleme.

Hier volg ʼn getuienis van ʼn lidmaat wat deur hierdie projek ondersteun word:

“Ek wil baie dankie sê aan hierdie projekspan wat my bystaan en vir jul hulp en ondersteuning, ek kan nie genoeg woorde vind om my dankbaarheid te beskryf nie.

Ek was op 1 Februarie in ’n motorfietsongeluk betrokke waar ‘n man in my vasgeloop het en opslag oorlede is. Dit was ‘n groot skok en nagmerrie vir my om te beleef. Nog meer die vrees en angs wat oor my gespoel het. Die ongeluk en vrees was groter as wat ek was en op my eie sou ek dit nie kon hanteer nie. Met God aan my kant en die hulp van die Versorgingsfonds- span kon ek die ongeluk/nagmerrie en vrese oorkom en is geleidelik besig om daarmee saam te leef en die realiteit te hanteer.

Met die hulp van die volgende mense kon ek dit deur my nagmerrie maak en wil ek hulle bedank.
1. Die twee uitstekende prokureurs - vir jul regshulp en ondersteuning.
2. Aan die stunning en hulpvaardige dokter - vir die mediese behandeling.
3. Aan die geduldige trauma sielkundige - vir al jou tyd, die luister en raad.
4. Aan my berader - wat geduldig na my luister, haar raad en bystand.
5. Aan die Versorgingsfondslede - baie dankie vir julle tyd en opofferings.
6. Aan die finansiële voogde - baie dankie vir julle finansiële hulp en bystand.
7. Dan laastens, maar nie die minste nie, aan al die lede van die Gemeente - dankie dat jul bereid is om jul harte en beursies oop te maak om ander te help om deur hul moeilike omstandighede te kom.

Weereens sê ek baie dankie aan almal vir julle hulp en ons Hemelse Vader wat my dra deur die tyd. Ek waardeer jul opreg baie en julle beteken ongelooflik baie vir my en ek waardeer elkeen se hulp. 

Top