”Ek het na jou toe gekom met ‘n gebroke gees. Jy het my gehelp deur een van die moeilikste tye van my lewe, sowel as my moeilike verlede. Ek het innerlike vrede gevind en ek dank die Here dat Hy jou op my pad gestuur hê. Jy is ‘n seëning vir my en vir almal op wie se pad jy kom…”

- Anoniem

"Die Beradingsentrum het vir my ongelooflik baie beteken. Ek was by die een sielkundige na die ander. Selfs by ʼn psigiater. Ek’t net gevoel ek kon nie by hulle oopmaak nie en ek kon nie met hulle praat nie. Ek praat nie maklik nie. En die berader by wie ek toe uitkom by die Beradingsentrum het net elke keer die gawe om my te kalmeer en my te laat oopmaak. My seun praat GLAD nie. En hy het by ‘n ander berader by die Beradingsentrum van dag een af oopgemaak. Baie dankie."

- Anoniem

Die berading by die kerk het ons baie gehelp as ‘n paartjie. Ons berader het ‘n baie rustige manier om probleme aan te pak. Sy het ons geleer om ook rustig en kalm te raak en om onsself as individue kans te gee om te groei en mekaar te respekteer. Ons kan die berading vir enige iemand aanbeveel, want ons het geestelik ook gegroei in die tyd wat ons haar gesien het.

- Anoniem 

Top