Gasvryheid is een van ons waardes en dit kan op verskeie maniere uitgeleef word. Elkeen is outomaties ‘n gasheer/vrou op ‘n Sondag. Reik dus uit na nuwe mense, gaste of enkelinge en laat almal welkom voel. Nooi ook mense om na die oggenddienste saam in die Tent te kom kuier.  

Koffie en kuier is sinoniem. Is daar ooit ʼn geleentheid waar ʼn mens behoort “nee dankie” te sê vir koffie, let wel vir goeie koffie? Nee, nooit ooit nie. Wat is nou lekkerder as ʼn goeie koffie, veral as dit keurig voorberei is deur ʼn koffiekenner? Ons het ook begrip vir diegene in ons midde wat eerder goeie tee sal verkies – ʼn gasvrye gemeente gee immers ruimte vir verskeidenheid (en sal hulle baie graag wil inlei in ʼn lewe van heerlike koffie). Ons het vir De Villiers Engelbrecht van Ambeans en lidmaat van die gemeente gevra om vir ons te help om ʼn gemeente te wees waar mense met lekker koffie bederf word. Die een groot voordeel van koffie is dat dit sommer die mense ook wakker hou in die eredienste. Hy het aangebied om vir ʼn tyd sy mobiele koffiewaentjie hier te trek en lekker koffie aan die gemeente te verkoop en hy gee ʼn gedeelte daarvan terug vir die kerk. Dit is deel van ʼn proefneming om te kyk of daar so ʼn behoefte is aan lekker koffie hier by die kerk voordat ons verdere planne maak. Koop asseblief vir jou ʼn lekker koffie en jy is welkom om dit saam met jou in te vat in die erediens.>>

Die Gasvryheids bediening wil ook graag ons span groter maak. Ons het mense nodig wat gemeente kuiergeleenthede wil help reël en ons wil graag ‘n onthaalspan op die been bring. As jy by die Gasvryheidsbediening betrokke wil raak kontak gerus vir Hermi de Kock.

Kom koop ook gerus verversings by die kombuis snoepie. Ons wil graag vorentoe meer eetgoed vir die tee, asook wegneem maaltye verkoop om die kuier in die Tent nog lekkerder te maak. Laat weet ons gerus wat julle behoeftes is. Kontak vir Corneille Barnard met jou voorstelle. 

Top