Etienne is in Witbank gebore het in Amanzimtoti aan Hoërskool Kuswag matrikuleer. Hy het aan UOVS teologie studeer. Hy en sy vrou, Wilma, woon die afgelope 11 jaar in Somerset-Wes en het ‘n seun en dogter.

Na sy teologiese studies het hy in die gemeentes Arlington, Suikerbosrand en Doornpoort gedien. Etienne het gedurende die laat 90’s die gebedsbediening deeltyds betree en het daarna voltyds by Jerigo Mure Gebedsnetwerk waar hy gefokus het op gebedsopleiding en –mobilisering.

Die gesin het in 2005 van Pretoria na Somerset-Wes verhuis om voltyds by die Global Day of Prayer betrokke te raak. Daarna het hy vir ‘n jaar in Engeland gaan werk as die operasionele direkteur van die 24-7 Prayer Movement.

Nadat hy teruggekom het na SA, het hy eers as bedieningshoof van Radio Tygerberg opgetree en daarna ‘n nuwe radiostasie in Pretoria, GROOTfm 90.5, gaan vestig. Na hierdie kort lopie in die mediabedryf het hy einde 2015 by die Mergon Trust aangesluit as streeksbestuurder vir die SA-streek. Die Mergon Trust fokus of strategiese befondsing van Koninkryksuitbreidingwerk.

Volgens Etienne is sy passie om die werklikheid van Christus ‘n tasbare realiteit in mense se lewens te sien word. Eenvoud en voorbeeld bly die sleutel. “Ek is lief vir die Here en sy mense en wil almal help om dit volheid te beleef wat ons in Christus het en hul ook toerus om dit baie prakties met ander te deel."

Top