Ontmoet dr Dickson Lai van Maleisië wat op 16 Februarie ’n inligtingsessie van die EmoWave tegnologie gaan aanbied

Hy is ‘n internasionaal gekwalifiseerde besigheids- en persoonlike “coach” met 25 jaar se wêreldwye werkservaring. Die uitsonderlike storie en ervaring met sy seun het aanleiding gegee tot die ontwikkeling van EmoWave.

Dié tegnologiese wêreld-deurbraak behels die meting van onder andere emosionele inteligensie binne 5 minute om persoonlikheidsanalise en menslike potensiaal daarna te bepaal. Hierdie inligting kan jou help met beter selfkennis, ontwikkeling van emosionele intelligensie, ontsluiting van persoonlike potensiaal, loopbaanontwikkeling. Dit help ook met die indentifisering van spanning, trauma, breindisfunksie en verwante probleme.

Die resultate kan aangewend word vir onder meer die volgende:>>

 

• Indiwidu wat homself/haarself beter wil leer ken om sy/haar eie persoonlike ontwikkeling te verbeter om 'n gelukkiger gebalanseerde lewe te hê.
• Maatskaplike dienslewering en -ondersteuning.
• Plasing van personeel in ondernemings.
• Onderwys en ander opleidingsinstellings.

Die inligtingsessie sal in Joppe gehou word, om 17:45 vir 18:00 op Donderdag 16 Februarie 2017. Jy kan na die tyd met hom jou 5 minute afspraak kry.

Dr Dickson Lai sal dan op Vrydag 17 Februarie ‘n daglange werkswinkel aanbied en die beginsels bespreek. Belangstellendes daarvoor kan Lizby Burger by 084 720 4245 skakel vir meer inligting. Hierdie is 'n inisiatief van Freddie Kirsten, een van ons lidmate.

Top