Uyavula lees- en skryfprojek
Ek dink nie ek sal ooit vir iemand regtig kan vertel wat Uyavula vir my in 2016 beteken het nie. Nie net het ek geleer om te waardeer wat die Here en my ouers elke dag vir my bied nie, maar hier het ek ook geleer om geduld toe te pas en nie dinge vanselfsprekend te aanvaar nie.

Ek het so 'n sagte plek in my hart gekry vir elke kind by Uyavula. Elkeen van hulle het 'n op 'n Vrydagmiddag ‘n verskillende rol in my lewe gespeel. Maak nie saak van watter huishoudings hulle gekom het nie, by Uyavula was ons ‘n familie, waar elkeen veilig kan voel en kan kom skryf en na stories luister. Ons het ons gate uit geniet en baie gelag, en ek sal my plek by Uyavula vir niks veruil nie.

Shanay de Kock, Graad 12, Hoërskool Parel Vallei

Top