19 en 20 Februarie 2017 by Helderberg Gemeente
Get a Life in 40 days through 7 strategic questions

Hoe kry ek meer uit die lewe?

Een van die vrae het jou naam daarop:
• Hoe kan ek meer effektief wees met my tyd, geleenthede en gawes?
• Is ek effektief in die regte rigting?
• Is ek effektief in alle aspekte van die lewe?
• Kan ek suksesvol en betekenisvol leef?
• Hoe kom ek sterker terug na trauma in my lewe?
• Hoe behoort ek krisisse in my lewe te hanteer?
• Wat is my nalatenskap as ek die dag te sterwe kom? Kan ek dit beïnvloed?

Hoe gelukkig is jy regtig? Toets jouself op 8 terreine:>>

• Liggaamlike ontwikkeling en gesondheid 
• Huwelik- en gesinsverhoudinge
• Sosiale en ontspanningsbalans 
• Beroep- en loopbaangeleenthede 
• Geestelike en emosionele vervulling in jou lewe.
• Intellektuele en opleidingspotensiaal 
• Finansiële sekuriteit 
• Jou plek in die gemeenskap en kultuur

Hierdie naweek is die beste belegging in jou toekoms. Dit bring nuwe fokus vir hulle wat jonk of reeds ervare is, die suksesleer wil klim of reeds daar is, ongeag jou sosiale, finansiële of geestelike posisie waar jy jouself plaas… dit sal jou lewe verander!

Wat is jou top doelwitte wat jy nou moet ontwikkel om jou beste potensiaal te verwesenlik? Waar wil jy wees oor 5 of 10 jaar en hoe gaan jy daar kom?

Hierdie en baie ander vrae word duidelik gemaak deur ʼn dinamiese spreker en ervare lewensafrigter wat in die praktyk van die besigheidswêreld staan.

Die spreker is Gerhard van der Merwe. Die kursustye is van Sondag, 19 Februarie 2017 van 15:30-21:00 en dan op Maandag, 20 Februarie 2017 van 18:00-21:00. Die kursusfooi behels R2 000.00 per persoon en sluit alles met ‘n werkboek en opvolgafsprake in.

Belangstellendes kan vir Hannes Theron vir meer inligting kontak. Hy sal dan vir jou ‘n inskrywingsvorm aanstuur.

Kom verskerp jou fokus, vernuwe jou visie en ontdek jou ideale toekomsplan.

Top