Hierdie jaar is daar Pinkster vir die kinders en kleuters van 19-26 Mei. Familiebediening vertel ons meer daarvan:

Kinderpinkster
Dit is weer sulke tyd en ons is opgewonde om weer hierdie jaar Pinkstertyd vir die kinders groot pret te maak terwyl ons leer. Die nood in ons omgewing is groot, om dan nie eers te praat van die wêreld nie! Ons kinders word, net soos ons, gekonfronteer met natuurrampe, een soos wat ons onlangs hier by ons gehad het met die woeste wind en storm, siekte, hartseer en geestelike nood. God gebruik hierdie noodtoestande in ons lewens. Jesus, ons Redder, help ons altyd en sorg vir ons en het selfs mag oor die dood. Ons het ook elkeen ’n Redding 911-opdrag.
Alle graad 1-6 kinders is welkom. Kom deel in die pret en kom ontmoet Helpmy-Uitdiemoeilikheid. Dokter Lukas maak ook elke aand ‘n draai met net die regte doepa vir die moeilikheid.
Registrasie is R50 en vind plaas vanaf Sondagaand 19 Mei om 18:45. Die afskop is reeds die Sondagoggend.
Lizl Botha

Kleuterpinkster
Ons Kleuters (3-6 jr) gaan die reeks Jesus Help tydens Pinkster (19-26 Mei) meemaak. Saam gaan hulle leer oor die wêreld en mense in die Bybel wat in nood verkeer: honger, siekte, bang-wees en sonde en sien dan ook telkens dat hulle hulproepe nie op dowe ore val nie: Jesus, ons Redder, help graag!
Die reeks sal die heel meeste vir jou kind beteken as hy/sy elke les kan bywoon. Trek sommer pajamas aan elke aand, kom geniet ‘n ligte aandete voor die diens (kyk uit vir wat elke aand beskikbaar is in die Tent) en gaan gee jou kleuter af by die Kapel, langs die kerkgebou, en geniet Pinkstertyd saam as gesin.
Ons wil ook na buite uitreik, daarom sal ons dit waardeer as julle items soos klere, speelgoed (tweedehands natuurlik, maak net seker dit is skoon en heel) en nie-bederfbare kos kan versamel vir ons laaste les op 26 Mei. So leer ons kinders om met ’n mooi gesindheid te gee.
Ons sien uit na ’n spesiale tyd saam met jou kleuter en Jesus. Bid asseblief dat elkeen van hierdie kleintjies se lewens deur hierdie ontmoeting geraak sal word.
Die Kleuterkerkspan

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri