Ek onthou so goed die dae wat die toeskouers langs die rugbyveld vir jou sou aanmoedig met die woorde, tel op daai skouers, as dinge sleg gaan die dag. Die uitdaging is dat die lewe hou nie na 80 minute op nie. Die lewe gebeur teen die spoed van een dag op ’n slag vir weke aaneen. Die probleem is dat ons skouers soms laag bly. Ons sukkel om ons skouers op te kry. Ons sukkel selfs om op te kyk. Die goed bedoelde woorde van medegelowiges om net te bid of meer kerk toe te gaan of net vas te hou tot more, werk nie meer nie.

Die hartseerste ding is dat selfs die ontmoetingsplek met God vir ons ’n ongemaklike plek raak. Ons vind moeilik woorde en ons voel dat ons lewens nie goed genoeg, gehoorsaam genoeg of suksesvol genoeg is om vir die Here enige iets te vra nie. Hierdie komende Sondag sluit ons die 1 Johannes reeks af. Ons gee die laaste paar tree deur hierdie kragtige brief. Johannes verklap die geheim wat ’n nuwe wêreld vir gelowiges oopsluit. Dit is ’n kop-skuif wat ons gemoed vernuwe. Dit is ’n nuwe manier van kyk na myself wat toelaat dat ek my kop kan oplig en met trots in die Here se teenwoordigheid kan stap.

Met watter gemoed tree jy in gesprek met God? Die Here wil deur 1 Johannes vir jou ’n nuwe kyk kom gee. Kom luister saam met ons hoe God oor ons dink.

Groete,
Deon Els

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri