Woordbediening in audio formaat is elke week beskikbaar om te luister en af te laai. Preek temas en nuutste preke.
Gemeente Aankondigings en Gemeentekoerant (Helderstem) word teen Vrydae weekliks in pdf formaat gepubliseer.
Tel: 021 851 5582 |
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. |
Faks: 086 657 2176 |
“Want die voorreg is MUSIEK!”
Daar is verskeie geleenthede om betrokke te raak:
Musiekgeleenthede by die klassieke diens:
Voorsangers of instrumentaliste
Enige lidmaat wat 'n passie het vir die klassieke diens, en spesifiek by die musiekbediening wil inskakel, moet asseblief hulle talente as voorsanger of instrumentalis aanbied - niemand sal weg gewys word nie. Hierdie musici sal dus die orrelis bystaan en musikaal aanvul tot 'n groter verryking van die klassieke diens se musiekbediening, en/of leiding neem by die voorspel en voorsang van veral instemmingsliedere.
Kontak asb vir Yolanda Botha
Indien daar enige lidmaat is wat ook wil deel word van die orrel aflosspan, moet hulle asseblief ook die vrymoedigheid hê om hulle talente bekend te maak. Vir die van ons wat meer nootgebonde is, is daar altyd musiek. Die waaghalsiges, wat daarvan hou om te improviseer, sal vrye teuls hê tov die speel van deskante, tweede stemme, solo's, ens.
Ons hoop om binnekort 'n hele paar nuwe entoesiastiese musici by die klassieke diens te hore te kry.
Kontak asb vir Yolanda Botha
Ons neem musikale leiding saam met die orrel en ons funksie glo ek is om 'n stemming te skep vir aanbidding, lofprysing en ook 'n uitnodiging te rig om deel te neem. Ons wil eerder aanvul as om "oor te neem".
Die commitment wat ons vra is nie regtig op papier nie, maar aangesien ons elke tweede Sondag "optree" vra ons maar net dat al die lede so veel moontlik beskikbaar sal wees vir Donderdagaande se oefeninge om voor te berei en elke tweede Sondag om beskikbaar te wees vir die erediens.
Ons benodig: Altyd nog stemme - elke party kan nog aangevul word. Mense met entoesiasme en geduld is veral welkom.
Ons hoop om binnekort 'n hele paar nuwe entoesiastiese musici by die klassieke diens te hore te kry.
Kontak asb vir Johlané van Niekerk
Musiekgeleenthede by die informele diens:
Die informele diens het tans 4 begeleidingsgroepe wat een Sondag ‘n maand speel. Die groep oefen die voorafgaande Maandagaand van 18:30 in die kerk.
Kom raak deel van so ‘n span. Enigiemand met gawes op akoestiese-, elektriese - of bas-kitaar; digitale klavier, tromme, viool, trompet en voorsang is welkom.
As jy ‘n hart as aanbiddingsleier het, kom gesels met ons. Dit is ons passie ook!
Kontak asb vir Jaco Theron
Musiekgeleenthede by die meditatiewe diens:
Hierdie diens is gerig op ‘n meer mistieke styl en die musiek herinner meer aan Taize se styl, herhalings, eenvoud. Die musiek word tans hoofsaaklik op ‘n digitale klavier begelei. Betrokkenheid behels die speel van een Sondag in ‘n maand se twee dienste.
Ons wil ook graag die bediening uitbrei om ander instrumente soos viool, tjello, fluit ens deel te maak van die begeleiding. Hierdie instrumente sal nie ‘n vaste betrokkenheid verg nie, maar afwisselende geleenthede.
Kontak asb vir Corneille Barnard
Musiekgeleenthede by die aanddiens:
Hierdie diens het ‘n informele karakter wat aangebied word in die Kapel. Dit vra vir minder instrumente (klawerbord, kitaar, twee stemme). Hierdie kan ‘n wonderlike geleentheid wees om in ‘n klein groepie verantwoordelikheid te neem vir die musiekbediening tydens hierdie diens.
Kontak asb vir Jaco Theron
Kliek hier vir die RESTART-erediensvraelys
Kliek hier vir die RESTART-tafelgesprekkevraelys
|
Here wat ‘n voorreg om te kan dans op die wrakke van ons verlede net omdat U die opgestane lewende Here is. U opstanding gebeur ook in ons. Dit gee vir ons hoop, laat ons met ‘n verwagting lewe en help ons om nuwe lewensmoontlikhede raak te sien. Dankie dat ons juis vanuit hierdie perspektief kan bid vir ons land, die kerk en die gemeente. Ons bid ook vir soveel mense, veral diegene in Sirië, wie se lewens deur oorlog, geweld en magsmisbruik ontwrig word. Ons bid ook graag spesifiek vir die finansies van die gemeente. Mag ons bydraes ook teken wees van ons geloof in U as ons lewe, vrede en hoop.
Amen.
04.21.2018 9:00 am - 10:00 am
Harmony werkswinkel
04.24.2018 6:00 am - 7:00 am
Gesels en bid vir ons land
04.24.2018 5:30 pm - 6:30 pm
Eredienswerkgroep
04.26.2018 8:00 am - 9:00 am
Bybelstudie
04.26.2018 5:30 pm - 8:00 pm
DC, S&P, DC4K en GS
04.27.2018
Vryheidsdag
05.01.2018
Werkersdag
05.03.2018 8:45 am - 9:15 am
Bybelstudie
05.03.2018 5:30 pm - 8:00 pm
DC, S&P, DC4K en GS
05.06.2018
Sinodale bid- en dankdag