“Ons droom saam oor elke erediens sodat ons die boodskap van ons kop tot diep in ons hart kan ervaar”
In Helderberg Gemeente word die preektemas en reekse saam deur die aanbiddingspan en die leraars beplan met diepe afhanklikheid van die Here. Die aanbiddingspan kom op afspraak bymekaar, waar saamgebid word en voorstelle vir temas en reekse gemaak en beplan word. Daarna word die voorstelle na die eredienswerksgroep gebring waar ons saam sit en elke erediens beplan.
Ons werksgroep kom op Maandae 9:00 - 10:00 bymekaar in die Konferensielokaal. Ons sit saam en gesels oor die tema beplan dan die verskillende eredienste.
Hierdie vergadering is altyd oop vir enige gemeentelid om by te woon, permanent of op ‘n ad hoc basis. Ons soek altyd nog mense om betrokke te raak by die verskillende dienste en daar is ruimte om jou gawes en talente uit te kan leef. Jy kan self jou mate van betrokkenheid bepaal.