Woordbediening in audio formaat is elke week beskikbaar om te luister en af te laai. Preek temas en nuutste preke.
Gemeente Aankondigings en Gemeentekoerant (Helderstem) word teen Vrydae weekliks in pdf formaat gepubliseer.
Tel: 021 851 5582 |
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. |
Faks: 086 657 2176 |
“Ons droom saam oor elke erediens sodat ons die boodskap van ons kop tot diep in ons hart kan ervaar”
In Helderberg Gemeente word die preektema’s saam deur die leraars en kerkraad beplan met diepe afhanklikheid van die Here. Die leraars neem hierdie tema’s en gaan sit as ‘n groep saam om dit te deur bid en beplan. Daarna word die reekse en inhoud na die eredienswerksgroep gebring waar ons saam sit en elke erediens beplan.
Ons werksgroep kom Dinsdagaande 17:30 – 18:30 bymekaar in die Kapel. Ons sit saam en gesels oor die tema en daarna verdeel ons in groepe wat die verskillende eredienste beplan.
Hierdie vergadering is altyd oop vir enige gemeentelid om by te woon, permanent of op ‘n ad hoc basis. Ons soek altyd nog mense om betrokke te raak by die verskillende dienste. Jy kan self jou mate van betrokkenheid bepaal.
Kontak gerus vir Corneille Barnard
Kliek hier vir die RESTART-erediensvraelys
Kliek hier vir die RESTART-tafelgesprekkevraelys
|
Here wat ‘n voorreg om te kan dans op die wrakke van ons verlede net omdat U die opgestane lewende Here is. U opstanding gebeur ook in ons. Dit gee vir ons hoop, laat ons met ‘n verwagting lewe en help ons om nuwe lewensmoontlikhede raak te sien. Dankie dat ons juis vanuit hierdie perspektief kan bid vir ons land, die kerk en die gemeente. Ons bid ook vir soveel mense, veral diegene in Sirië, wie se lewens deur oorlog, geweld en magsmisbruik ontwrig word. Ons bid ook graag spesifiek vir die finansies van die gemeente. Mag ons bydraes ook teken wees van ons geloof in U as ons lewe, vrede en hoop.
Amen.
04.21.2018 9:00 am - 10:00 am
Harmony werkswinkel
04.24.2018 6:00 am - 7:00 am
Gesels en bid vir ons land
04.24.2018 5:30 pm - 6:30 pm
Eredienswerkgroep
04.26.2018 8:00 am - 9:00 am
Bybelstudie
04.26.2018 5:30 pm - 8:00 pm
DC, S&P, DC4K en GS
04.27.2018
Vryheidsdag
05.01.2018
Werkersdag
05.03.2018 8:45 am - 9:15 am
Bybelstudie
05.03.2018 5:30 pm - 8:00 pm
DC, S&P, DC4K en GS
05.06.2018
Sinodale bid- en dankdag