‘n Windpomp. Dit neem die water na daar waar dit nodig is. Op sy eie beteken ‘n windpomp nie veel nie. Maar as die wind waai en die windpomp werk, dan lei dit water na daar waar dit baie nodig is.
Helderberg Uitreik is die windpomp. Jesus is die Lewende Water. Wanneer die Heilige Gees in en deur ons werk, neem ons die Lewende Water na ‘n wêreld in nood. Dit is net deur die genade van God en die leiding van die Heilige Gees dat ons draers van Christus se hoop kan wees.
Dis lidmate van Helderberg Gemeente en Somerset-Wes Moedergemeente wat saam met ander gelowiges en die gemeenskap hande vat om saam draers van Christus se hoop te wees in ‘n omgewing en wêreld wat smag na hoop.
Om ‘n windpomp te wees vra dat ons langtermyn verhoudings bou. Dat ons ons tyd en menswees deel op ‘n egte en oop manier. En om ten volle afhanklik van God te leef.
Kom gesels gerus Sondag met die bestuurspan as jy meer wil weet van Helderberg Uitreik. Hulle sal ‘n blou beker vashou.
Jy is welkom om ‘n afspraak met my te maak en dan gesels ons lekker oor waar jy betrokke wil raak.