Het jy onlangs met ‘n bruid gesels wat gaan trou? Sy doen alles in haar vermoë om gereed te wees vir die troudag. Eerskomende Sondag is die eerste van ons vier Adventsondae ter voorbereiding vir Kersfees. Die fisiese voorbereiding vir Kersfees is baie belangrik – net so die geestelike voorbereiding. In Mark 13:24-37 lees ons verskillende dinge oor die “Koms van die Seun van die Mens”. Vier keer word die woorde “Wees waaksaam” gebruik (vv 33, 34, 35, 37).
Ons as gelowiges wil gereed wees vir Kersfees – ook gereed wees vir Jesus se wederkoms. Ons kan geen sekonde op aarde sonder Hom leef nie en wil elke dag leef asof dit ons laaste dag op aarde is. Kom Sondag en begin voorberei vir Kersfees.
Sien jou Sondag
Danie O’Kennedy