Ons is aan die einde van die jaar en as ons terugkyk is dit in dankbaarheid. Dankbaar omdat ons God se getrouheid en genade deur die jaar kan sien. Dankbaar dat hierdie God ons nie net lief het nie, maar dat Hy kies om ons as sy instrumente te gebruik om die evangelie van Jesus Christus vir ons gemeenskap ‘n werklikheid te maak.
Hierdie Sondag vier ons fees, ons sing en dans voor die Here. Die eredienste word so ingeruim dat die klem lê op feesviering.
Dink bietjie waaroor is jy hierdie jaar dankbaar, in die diens gaan daar ‘n geleentheid wees vir getuienis. Kom deel jou dankbaarheid.
Sien jou Sondag
Paul Barnard