Wat! Is dit enigsins moontlik?
In die tyd waarin ons leef met al die kommunikasienetwerke is dit eintlik ondenkbaar dat daar mense is wat nie kan lees en skryf nie. Glo my, In Mosambiek, sommer hier naby ons, is daar wel kinders en ook volwassenes wat in verafgeleë plekke woon wat nie kan lees en skryf nie. ‘n Mens wil dit as’t uitroep: Wat! Hoe is dit enigsins moontlik dat daar in ‘n tyd soos hierdie mense kan wees wat nie daardie blootstelling het nie? Ja, dit is; en dit is tragies.

Helderberg Gemeente het die voorreg om deur Helderberg Uitreik ‘n verskil in diegene, wat nie kan lees en skryf nie, se lewens te maak. John en Stephanie Roux het ongeveer 20 jaar gelede, in samewerking met die kerk in Mosambiek, met ‘n projek begin om kinders te leer lees en skryf. Isaac Gama, ‘n boorling van Mosambiek, het sedertdien by John en Stephanie Roux die projek oorgeneem en maak ‘n groot sukses daarvan. Dit is lekker om sy opgewondenheid en toewyding te sien waarmee hy hierdie projek aanpak. Dit het my diep geraak toe hy my vertel het van die ouers van die kinders wat kom vra of hulle ook geleer kan word om te lees en skryf. Vandag is daar alreeds 7 bosskole vir 1 541 kinders en bosskole vir 143 volwassenes en ‘n groot moontlikheid vir verdere uitbreiding.>>

Maar dit is nie al nie – hierdie is ook ‘n wonderlike geleentheid om die evangelie te kan verkondig. In die woorde van Isaac Gama self: “Education is the only weapon we can use to change the world. We are bringing the Gospel to bush communities through our literacy program.”

Ek dink dit is seker een van die beste beleggings wat ‘n mens kan maak: Om hierdie projek deur ons gebede, ervaring, en betrokkenheid te kan ondersteun. Belangstellendes kan met Hannes Theron (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.), die projekleier, of Louise Theron (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.), die bestuurder van Helderberg Uitreik, gesels.

Hannes Theron 

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri