Dis langnaweek vir ons kinders-en-tiener bediening, maar ons eredienste gaan volstoom aan. Hierdie komende Sondag gaan ons aan met ons TAAI-TOFFIE-reeks as ons gesels oor vreugde wat soms ontbreek in taai tye.
Ons gesels saam uit Matteus 22 waar Jesus uitgenooi word na 'n troue. In 'n samelewing waar geluk en vreugde soms papierdun voorgehou word delf ons so bietjie dieper in die Bybel in. Ons volg Jesus se roete om te sien en ervaar hoe innerlike vreugde deel vorm van ons geloof in Jesus Christus.
Ons verwelkom ook 'n klomp nuwe lidmate van regoor die land en bid dat Helderberg vir jou 'n kosbare gelooftuiste sal wees. Hier is almal welkom.