Colours of India – Nuusbrief
Gebedsversoeke vir Louisa ons sendeling:
Gebed dra krag en dis mense se gebede wat my deurgedra het vir amper elf jaar.
1. Bid asb vir konstante gesondheid
2. Citizenship Application wat in ‘n baie belangrike stadium is
3. Rustige denke en kalmte
4. Helpers, veral ‘n dame vertaler
5. ‘n Vaste gebou vanwaar ek my uitreik organisasie kan bestuur in die dorp

Wat sê Louisa ons sendeling?
Hoogtepunte van Mei:
‘n Groot hoogtepunt was natuurlik die kinders se Bybel vakansie program. Kinders was so opgewonde en het gereeld gekom. Dit was pragtig om te sien hoe die ouer kinders (wat deur spesiale dissipel opleiding gaan) dit wat hulle geleer het kon toepas en saai by die jonger kinders. Met die vakansie Bybel program het ons meer as 350 mense bereik met ons optog.>>

Uitdagings:
Ek sal graag harder aan die leersentrum wil werk deur meer volwassenes te kry om aan die begin van die nuwe akademiese jaar aan te sluit by ons. Ons nuwe akademiese jaar begin 6 Julie. Ons bid vir nog ‘n onderwyser wat met die groter mense (later in die aande) sal kan werk. Huidiglik fokus ons meer op die 4 tot 6 jariges en ons sal graag die ouer kinders meer wil betrek. Ons hoop is om binnekort die leersentrum meer te adverteer en meer belangstelling te skep onder die gemeenskap. Ek vra vir gebed hiervoor.

Daar sal altyd uitdagings wees in ‘n land van afgod-dienaars. Sal baie graag die kinders in hulle eie plekkie kry. Ons gebruik tans die kerk se voorstoep en as dit baie warm is of reën laat die pastoor ons binne in die kerk. Wil ook dan hierdie gebou gebruik vir die vrouens wat in die dag wil kom vir vaardigheidsontwikkeling. Ek bid graag vir twee-voet beheerbare naaldwerkmasjien, asook materiale en verfkwassies en ander naaldwerk behoeftes soos garing, naalde ens. Ons beplan om weer in die vakansie ‘n mediese en tandesorg-program aan te bied vir die kinders. Kinders kry weer kospakkies of ‘n goeie maaltyd op 14 Junie.

Hou aan bid vir die verlossing van die Tenadi-stam en dat ons altyd sal guns hê daar.

Projek leier: Aloës Koegelenberg
Kontak: 072 2001 066 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri