‘n Getuienis-raaisel
Handelinge 1:8 bevat ‘n getuienis-raaisel. Ons sal getuies van ons Here Jesus se Koninkryk wees in Jerusalem sowel as in Judea ... Hoe kan mens in een plek ’n getuie wees, maar terselfde tyd in ’n ander plek ook? Die sleutel van die getuienis-raaisel is die twee woordjies: sowel as. In die verlede kon ons byvoorbeeld tydens Pinkster by een skool in die oggend en een gemeente in die aand vir ’n week lank ’n lesreeks vir die kinders aanbied. Deur die reekse op skrif te stel deur dit te publiseer en versprei kon ons die raaisel oplos. Letterlik honderde ander persone kon nou gelyktydig in Kaapstad, sowel as in Kakamas, sowel as in Nelspruit die Goeie Nuus aanbied. Dit is die essensie van KidsXpress. Deur die verspreiding van lesmateriaal kan baie mense bemagtig word om feitlik regoor die land kinders te bedien.

KidsXpress is baie dankbaar dat die Covid-pandemie van die afgelope twee jaar grootliks iets van die verlede is. Waar gemeentes vir lank tydens die grendeltyd met elke golf van die pandemie gesluit was of nie optimaal kon funksioneer nie, kon eredienste die afgelope tyd weer hervat word wat ‘n direkte positiewe invloed op die verspreiding van ons materiaal het.>>

Die drukkery wat die afgelope paar jaar ons boeke druk se digitale afdeling het ongelukkig ook tydens die pandemie toegemaak. Ons is dankbaar dat ’n nuwe drukker, Print on Demand, nou ons boeke druk en bereid is om klein oplae van al ons titels teen bekostigbare pryse te druk, sodat ons deurgaans voorraad van ons 40 plus publikasies kan hê. Dit maak dit vir ons moontlik om KidsXpress se kliënte van die nodige materiaal te voorsien om die Goeie Nuus van Jesus met kinders te deel.

Een van ons mees onlangse publikasies, Ons Koning Kom, wat nie tydens die grendeltyd gedurende Pinkster 2020 gebruik kon word nie, was met vrug gebruik tydens Pinkster 2021, ook in Helderberg Gemeente. ‘n Publikasie wat ons 10 jaar gelede vrygestel het, 4x4 Avontuur, is tydens Pinkster deur NG Piketberg afgestof en aangepas met groot sukses. Kinders het saam met die Israeliete deur die woestyn gereis en God leer ken as ’n getroue God.

Alhoewel ons nou weer gedrukte voorraad van ons materiaal beskikbaar het, besef ons tog dat ons sal moet aanpas met die tye deur ten minste ons hulpmiddels soos plakkate, liedjies en PowerPoint-aanbiedinge, wat ons gewoonlik op CD versprei, digitaal beskikbaar te maak via die KidsXpress webtuiste. Dit gaan ‘n groot taak wees, wat ons publikasie vir publikasie sal aanpak.

Baie dankie vir elkeen wat deur gebed en finansiële ondersteuning met ons hande vat om die sowel as-beginsel van Handelinge 1:8 uit te leef.

Projekleier is Berthold Alheit by 082 806 6121 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Projekkoördineerder/Personeellid is Werner Schultz 084 645 1173 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri