Jesaja 35:1 Die woestyn, die dor land, sal jubel, die droë wêreld sal juig, oortrek met affodille.

Covid-19 en die uitdagings daarmee saam, het ons die afgelope 2 jaar dikwels laat voel soos reisigers in ‘n woestyn en dor land. Kersfees wil ons herinner dat God ons raaksien op hierdie reis. God kom in Jesus na ons stukkende wêreld. Elke jaar met Kersfees is dit weer blomtyd in die woestyn, omdat Jesus ook na my en jou kom. Ons is elke jaar van voor af bly, omdat Hy vir ons wat vasval en magteloos kan voel oor die uitdagings om ons, nuwe lewe en nuwe krag gee.

Dit is ook hoekom jy opgewonde kan raak oor Kersfees. Dis nie maar net ‘n mooi droom te midde van ‘n nagmerrie nie. Dis ‘n viering van God se groot genade en van hoop.>>

Op hierdie pad deur wat vir ons ook soms soos ‘n woestyn kan voel, gee Hy vir ons aan mekaar as reisgenote, om mekaar op te help en aan te spoor. Dankie dat ons ook reisgenote by Helderberg Gemeente kan wees.

Ons as personeel van Helderberg Gemeente wil graag vir jou en jou familie ‘n geseënde Kerstyd toewens. Mag die Here julle seën met ’n Somerkersfees vol vrede, vreugde en dankbaarheid.

Ons sien saam uit na 2022. Helderberg is ‘n gemeente van hoop, en verlede week is dit weer bevestig met 40 jongmense wat belydenis van geloof afgelê het. Ons families en kinders is ‘n sterk groeipunt in ons gemeente. Deur die baie uitreikprojekte kon ons hoop bring in ons gemeenskap en verder. Ons kon lidmate wat swaarkry versorg en ons kon op kreatiewe nuwe maniere kerk in ons huise wees in hierdie jaar. Ons sien uit daarna om in 2022 weer ‘n gasvrye tuiste te wees vir gelowiges en soekendes. Mag ons saam in 2022 geïnspireer word deur God se drome vir ons en vir ons gemeenskap.

Gebed: Dankie Here vir Kersfees. U gee blomtyd in die woestyn.

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri