Ons sien orals waar Jesus beweeg het, was daar ’n energie om Hom. Daar was mense om hom. Mense het vinnig gesien dat hierdie man wat hulle Jesus noem is nie net ’n enige iemand nie. In die harte van die mense sou daar ’n verwagting wees dat Hy is wie Hy sê hy is. Die Verlosser. Ons lees dat Jesus in sekere dorpe so baie aandag getrek het dat mense om hom saamgedrom het.

Ons lees gereeld dat vreemdes, sondige mens en siekes dit geniet om in Jesus en sy dissipels se teenwoordigheid te wees. Dit is vir hulle lekker om saam om ’n tafel te sit en kuier en saam te eet.

En so word ’n eenvoudige meubelstuk wat in meeste mense se huise staan, die vertrekpunt, die kern van Jesus se bediening aan almal wat soek. Jesus het die vreemde gewoonte gehad om die vyand te nooi om saam met hom om ’n tafel te sit en eet. Om saam met ’n tollenaar te geëet het, was om letterlik jou familie te verloën.>>

Maar dit is wat Jesus doen. Hy nooi gebroke, eensame, sondaars soos ek en jy om iets van die Koninkryk van God te beleef as hulle saam om die tafel sit. Jesus weet dat ons, wat almal voorheen vyande van God, nodig het om iets van God te beleef.

Hoekom die tafel? Hoekom elke keer al die kos en die wyn? Hoekom elke keer so baie vreugde?

Deon Els

Ons sien jou Sondag in die kerk:
Klassieke diens 08:00
Meditatiewe diens 08:30
Informele diens 09:30
Kiddie- en Tekkiekerk 09:30
Aanddiens (Kapel) 19:00

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri