Die projek is aan die begin van 2018 registreer vanuit ‘n kortuitreik in Oktober 2017 na die vlugtelinge wat vanuit die Midde-Oosterse lande soos Sirië, Irak en Afganistan op die Griekse eilande uitspoel. Hulle word uit vlugtelingkampe op die eilande oorgeplaas na Athene waar die meeste vestig in karige wooneenhede in die Omonia-gebied van Athene. Vandaar begin hulle proses tot politieke asiel vir lande in Europa. Die vlugtelinge is weerloos, verlate en verward.

Die Omonia Christengemeente bied ‘n veilige ruimte waar die vlugtelinge kan aanklop vir mediese hulp, ondersteuning met asiel-aansoeke, Engelse klasse, terapie vir hulle kinders, voorsiening van lewensmiddele en daar word ook daagliks voedsel verskaf. Die vlugtelinge is almal van Moslem-geloof en vind ‘n tuiste by die warm Christen-omgewing. Hulle word ook daagliks met die Woord bedien en ‘n hoogtepunt is die groep nuwe bekeerlinge wat hulle eie Arabiese kerk geplant waar hulle weekliks op Vrydae in die Omonia Christengemeente se gebou bymekaarkom.
Die projek se visie en beplanning is om Christus se hoop te dra na hierdie vlugtelinge in vennootskap met die Omonia Christengemeente. ‘n Hooffokus is ook die ondersteuning van die personeel by dié gemeente wat die vermoeiende taak het om die vlugtelinge, wat daagliks meer word, te versorg en te bedien.

Beplanning vir 2018: Die projek is deurlopend in gesprek met die koördineerder van die bediening in Athene om ondersteuning, gebed en bemoediging te bied en ‘n kortuitreik sal DV in Oktober 2018 plaasvind om weer die vlugtelinge en gemeente te gaan dien. 

Die projek het in die afgelope jaar 253 vlugtelinge, 3 personeellede asook langtermyn vrywilligers by Omonia ondersteun en met die Woord bedien. Daar is 10 vrywilligers en tientalle gebedsondersteuners mobiliseer.

Projekleier: Pia Nänny

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri