Hoe voel jy oor die Kaapse winter? Vir party van ons is dit ‘n moeilike tyd – ander geniet dit regtig terdeë. Ons lewe gaan, net soos die natuur, deur ‘n ritme van seisoene. Ons is nou diep in die Kaapse winter. Dalk is jou lewe, en jou geestelike lewe, ook nou in ‘n wintertyd? Jy is nie alleen nie en daar is baie faktore wat dit op die oomblik vir baie mense wintertyd wil maak. Paulus (Romeine 5) en Petrus (1 Petrus 1) skryf oor sulke wintertye in ons lewe. Danie Möller gesels Sondag in ons uitsaaidiens hieroor.
Die dienste is beskikbaar op ons YouTube-kanaal, ons Facebookblad, webblad en ook op die gemeente se WhatsApp-groep. Sondag se deurkollekte gaan vir Bediening aan Jode.