Projekleier: Hans Krijt
Sendelinge: Jurie en Magdaleen Goosen
Daar is meer as 4, 000 studente van 110 lande by Stellenbosch Universiteit. Dis strategies om die room van lande en toekomstige leiers met die evangelie te bereik.
ʼn Engelstalige erediens in Stellenbosch bied sedert 2009 ʼn geestelike tuiste vir die vreemdeling. Leiers word ontwikkel om ʼn impak op hul lande te maak. Studente word ondersteun weekliks deur Bybelstudies en ʼn groep vir vroue wat ontwortel is. Verder word Engelse klasse, kampe en uitstappies aangebied.
Ds Jurie en Magdaleen Goosen is verantwoordelik vir die strategiese bediening. Hulle word bygestaan deur ʼn projekspan en deeltydse medewerkers. Dis ʼn geloofsbediening sonder ʼn gewaarborgde salaris. Donateurs en gemeentes dra vrywillig by tot hul lewensonderhoud en bedieningsuitgawes.