Woordbediening in audio formaat is elke week beskikbaar om te luister en af te laai. Preek temas en nuutste preke.
Gemeente Aankondigings en Gemeentekoerant (Helderstem) word teen Vrydae weekliks in pdf formaat gepubliseer.
Tel: 021 851 5582 |
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. |
Faks: 086 657 2176 |
Projekleier: Pieter Spies
Sendelinge: Dr Freek van Slooten
Ons streef om Christus sigbaar te maak deur mediese versorging van die plaaslike mense in die Milange omgewing en om hulle te bemagtig om verantwoordelikheid te neem vir hulle eie gesondheid. Saam met ons vennoot (Bergsig NG gemeente) wil ons die nood van hierdie mense help verlig.
Die nuwe sendelingdokter Freek van Slooten en sy gesin het pas in Mosambiek aangekom. Hy sal tipies 400 pasiënte per week in Milange en by twee klinieke te Nambuzi en Magoloma behandel, asook in die staatshospitaal op Milange. Hy word bygestaan deur vrywillige plaaslike “mediese werkers” wat opgelei is. Inligtingsessies oor voorkoming van siektes en die medisinale gebruik van plante word ook aangebied. Verder is daar ’n voedingsprogram wat fokus op weeskinders, kinders van HIV positiewe moeders en ondervoede kinders.
Jy kan die projek ondersteun deur jou voorbidding en finansiële ondersteuning.
Kliek hier vir die RESTART-erediensvraelys
Kliek hier vir die RESTART-tafelgesprekkevraelys
|
Here wat ‘n voorreg om te kan dans op die wrakke van ons verlede net omdat U die opgestane lewende Here is. U opstanding gebeur ook in ons. Dit gee vir ons hoop, laat ons met ‘n verwagting lewe en help ons om nuwe lewensmoontlikhede raak te sien. Dankie dat ons juis vanuit hierdie perspektief kan bid vir ons land, die kerk en die gemeente. Ons bid ook vir soveel mense, veral diegene in Sirië, wie se lewens deur oorlog, geweld en magsmisbruik ontwrig word. Ons bid ook graag spesifiek vir die finansies van die gemeente. Mag ons bydraes ook teken wees van ons geloof in U as ons lewe, vrede en hoop.
Amen.
04.24.2018 6:00 am - 7:00 am
Gesels en bid vir ons land
04.24.2018 5:30 pm - 6:30 pm
Eredienswerkgroep
04.26.2018 8:00 am - 9:00 am
Bybelstudie
04.26.2018 5:30 pm - 8:00 pm
DC, S&P, DC4K en GS
04.27.2018
Vryheidsdag
05.01.2018
Werkersdag
05.03.2018 8:45 am - 9:15 am
Bybelstudie
05.03.2018 5:30 pm - 8:00 pm
DC, S&P, DC4K en GS
05.06.2018
Sinodale bid- en dankdag
05.06.2018
Arbeidsondag