Selfs Covid-19 en ‘n totale lockdown in Indië het haar nie in haar werk gestuit nie”. Helderberg Uitreik se nuutste projek, “Colours of India” is in Maart 2020 registreer met ‘n Suid-Afrikaanse vrou as werker, wat vreesloos en geesvervuld die Evangelie in Indië verkondig. Sy bedien die mees onbereikte mense aan die Ooste van Indië. Sy loop ‘n dissipelmakende pad met mense en straal Sy liefde uit. Sy ondersteun ook weduwee en kinders wat weens die kultuur uit die familiekringe uitgewerp word. Haar projek span wil haar graag ondersteun om hierdie bediening uit te brei om meer mense te bereik en meer dissipels te maak.
Projekleier is Aloës Koegelenberg