'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

HOEP is in 2010 as ‘n leesprogram onder leiding van Campher Serfontein begin. 15 Leerders uit Sir Lowry’s Pas Laerskool het in daardie jaar hulpverlening ontvang om hul basiese leesvaardighede te verbeter. Deur die seën en genade van ons Hemelse Vader het die program deur die jare ontsaglike groei beleef.

Sunette Erasmus (Remediërende Terapeut) het in 2014 by Campher aangesluit. Dit het gou vir hulle duidelik geword dat leerversperrings by leerdertjies wat in sulke bitter moeilike omstandighede grootword, reeds op voorskoolse vlak ontstaan. HOEP se eie remediërende leermateriaal vir 4- tot 6 jarige leerders is gevolglik ontwikkel en HOEP het begin om voorskoolse leerders in die wegspringblokke vir suksesvolle skoolloopbane te sit.

Die HOEP-span het intussen gegroei tot ‘n gedugte span van 8 lede wat almal gekwalifiseerd is in hul veld. Die kwaliteitsbestuurders doen weeklikse opleiding by al die skooltjies wat deel van die program is en vat elke opvoeder aan die hand rakende die implementering van die intervensieprogram in haar eie klas, asook die maak van perseptuele apparaat met dit wat tot daardie spesifieke skooltjie se beskikking is.

Tans baat meer as 2 500 leerders uit 99 skole en kleuterskole in die Wes-Kaap en 4 kleuterskole in Jakarta (Indonesië) weekliks by ons Vroeë Remediërende Intervensie, ons opleiding, ons kwaliteitskontrole en ons liefde.

Die Here het die deure na al die skooltjies vir HOEP oopgemaak om méér as ‘n akademiese program na die klasse te bring. Ons bring ook die Woord van die Here aan hierdie kleine mensies. Ons boek, “Kuns vir Koningskleuters” is ‘n kaleidoskoop van opwindende aktiwiteite waardeur ons die Woord deur middel van kuns en wetenskapeksperimente oordra!

Verteenwoordiger by Helderberg Uitreik:
Anton van Geest
Epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Selfoon: 083 377 1973

Besoek gerus HOEP se volledige webtuiste by www.hoep.org.za om te kyk na ons foto’s, werkboeke, resultate en nog baie meer!

Uyavula wil Jesus se liefde deur die voorlees van stories en die verskaffing van boeke oordra en sodoende ook vaardighede vir lees en skryf by kinders help bevorder.

Die voorlees van stories en toegang tot boeke is noodsaaklik omdat weinig kinders in ons gemeenskappe ‘n boek besit, blootstelling aan stories, boeke/biblioteke of iemand wat stories lees of vertel, het. Hulle is gevolglik taalarm wat veroorsaak dat hulle akademies baie sukkel. (PIRLS-verslag: 78% van die graad 4 leerders kan nie lees met begrip nie. Na Covid is die persentasie nog hoër.)

Uyavula se primêre fokusarea, is voorlees vir Grondslagfase- klasse en individuele kinders omdat dit vir kinders en onderwysers waardevol is. Volgens die vrywilligers, die lesers, is dit vir hulle verrykend.

‘n Leser en die klasonderwyser het die onderstaande oor klasvoorlees gesê:
Die Uyavula projek is van onskatbare waarde; ‘n mens kan dit nie genoeg beklemtoon nie. Die kinders se wêreld is baie klein, asook hul “horisonne”. … Uyavula maak hulle wêreld bietjie groter en vertel van dinge wat in die wêreld aangaan.

Woorde wat [mens dink] vir meeste kinders vanselfsprekend is, sal hulle nie leer as dit nie vir die Uyavula leesprojek was nie. Dankie vir die leesprojek, dit doen ook ons lesers baie goed en is so bevredigend.

Die ander sleutelarea is die Biljoen Besondere Boeke veldtog om vir gemeenskapskinders maklike toegang tot boeke te gee. Die doel is om ‘n liefde vir lees aan te wakker en terselfdertyd kinders te laat baat by die akademiese voordele wat lees inhou. Tot einde 2022 is 10 051 boeke ingesamel of aangekoop en is dit verblydend om te hoor dat al hoe meer kinders entoesiastiese lesers word.

‘n Skoolhoof se mening oor individuele lees en boekeskenkings is:
A love for reading, stories and books were instilled and created. Readers developed much more than just knowledge about books and stories. Learners learned so much more about life. We cannot imagine teaching and learning anymore without the support of Uyavula readers.

Uyavula bedien ongeveer 3 800 kinders in die Helderbergkom, voorskools tot graad 7. Gedurende 2022 het 11 instansies, nl skole, voorskools- en nasorgfasiliteite voordeel getrek uit die leesaktiwiteite en/of boekskenkings.

Geleenthede om betrokke te raak:
• Voorlees, 1 keer per week vir ‘n klas, en/of vir een kind wat kan baat by die individuele aandag en omgee.
• Donasies vir aankoop van boeke of skenking van netjiese tweedehandse boeke vir kinders (6 -14 jaar).
• Donasies vir aankoop van boeke.
• Voorbidding.
Projekleier: Amanda de Villiers
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. en/of 082 326 1396

Volg ons Facebookblad: The Uyavula Reading and Writing Project
Instagram: uyavula

 

Walter Savage Landor het gemeen: Music is God's gift to man, the only art of Heaven given to earth, the only art of earth we take to Heaven.

Elkeen van ons is ‘n musiekinstrument in die hand van die Groot Meester. Ons het ‘n eie unieke klank en produseer almal ons eie spesiale ritme. In die Bybel word daar musiek gemaak as die kinders van die Here fees vier, maar ook as hulle treur. Ons glo dat God daarvan hou as ons Hom loof en prys met musiek en instrumente en Hy gee ons die gawe van musiek om ons lewens, en die van ander, voller en mooier te maak.

Dit is Musica Dei se doel om hierdie Godgegewe kuns in mense te ontwikkel en gratis met ander te deel. Deur verskillende inisiatiewe soos ‘n gemeenskapskoor en –orkes, word die evangelie deur klassieke musiek en sang só uitgedra. Musici word terselfdertyd aangemoedig om hulle musiektalent vir hierdie doel in te span en verder te ontwikkel. ‘n Wye verskeidenheid konsertgangers word terselfdertyd met die Blye Boodskap bedien en op ‘n spesiale wyse deur die musiek aangeraak.>>

Ons Christenkoor, Canticum Novum, is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Dit is ‘n ekumeniese koor wat lede van verskeie inkomstegroepe en agtergronde insluit. Die gemeenskaplike faktor wat almal saamsnoer is hulle liefde vir koorsang en die Here. Die vreugde om daardie talent met ander te deel (wat dikwels nie fisies in staat is, of oor die finansies beskik om ‘n uitvoering by te woon nie) is ‘n groot seën. Die koor onderneem ook elke jaar ‘n kort toer deur die Wes-Kaap, waar daar by ouetehuise, kinderhuise, tronke en ander instansies gesing word. Daar word mense met Woord en sang bedien en vele harte word diep aangeraak.

Met die Klassieke Klanke Konsertreeks sien ons ook dat daar elke jaar meer mense wil deel uitmaak van die konsert en ons gehore raak al hoe groter. Deelnemers besef ook dat die Here daar mense aanraak as hulle na die tyd met trane in hulle oë wil verwoord wat die musiek vir hulle beteken het en net stomgeslaan daar kan staan.

Daar is verskillende maniere waarop mense by die projek kan inskakel:
Administratiewe reëlings, kreatiewe insette (dekor, PowerPoints), bemarking, verwelkoming, verversings, skenking van musiekinstrumente en staanders en finansiële bydraes.

Kontak gerus vir projekleier: Yolanda Botha by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir verdere inligting.

Jy moet Hom prys, want Hy is jou God en Hy het al hierdie magtige wonderdade wat jy met jou eie oë gesien het, vir jou gedoen. – Deut. 10:21

Laat ons saam die Here prys!

 

Jy is werksaam onder die Makwe’s

Die Makwe’s in die Noordooste van Mosambiek is nie meer vir ons vreemdelinge nie. Deur Andre en Anna-Marie Thiart wat al vir 17 jaar daar betrokke is, is ek en jy ook daar betrokke. Andre en Anna-Marie is deel van Helderberg Gemeente en is sendelinge van die Makwe Missie, ‘n projekspan van Helderberg Uitreik. Jy is dus ook daar betrokke, want ons is almal deel van dieselfde liggaam.

Drie jaar gelede is die Makwe’s geweldig ontwrig. Hulle is deur insurgente aangeval, hul huise en besittings is geplunder en vernietig. Die meeste van hulle het in vlugtelingskampe opgeëindig. Onsekerheid, vrees, hongersnood en hopeloosheid het deel van hulle lewe geword.

Makwe Missie se visie is: Om draers en verkondigers van Christus se hoop te wees tussen die Makwe mense van Mosambiek wat binne ‘n konteks leef waar baie mense hoop verloor het.>>

Ons kan na meer as ‘n jaar se werksaamhede met groot dankbaarheid teenoor die Here en ons donateurs terugkyk en verklaar: Ons kon instrumente in die hand van die Here wees om weer hoop te help bring. Hulle is ondersteun in die hervestiging van hul gemeenskappe; daar is 300 ton kos versprei; die Makwe’s is gehelp om weer hul boerdery aan die gang te kry deur hoenders, ganse, bokke en skape wat tussen hulle versprei is; hulle is bygestaan in die opbou van hul huise en die gemeenskappe; en die kleuterskool in Quionga is herbou en sal binnekort weer begin om ‘n diens binne die gemeenskap te lewer.

Die belangrikste is: Elke aksie is om draers en verkondigers van Christus se hoop te wees. Ons bid en glo dat daar ‘n deurbraak tussen die Makwe’s gaan kom. Andre en Anna-Marie Thiart glo dat wanneer daar in Openbaring 7:9-10 verwys word na die groot skare uit elke nasie en stam en volk en taal, daar ook baie Makwe’s teenwoordig sal wees wat uitroep: “Die verlossing behoort aan ons God, wat op die troon sit, en aan die Lam!”. En ons sê daarop: Amen! Ons leef en werk daarvoor.

Dankie dat jy saam met ons by die Makwe’s betrokke is; dat jy saam met ons bid en dit ook vir ons finansieel moontlik maak om daar te wees. Eintlik is jy ook daar by die Makwe’s betrokke. Dit is ‘n voorreg om saam met jou daar betrokke te wees.

Hannes Theron (projekleier) by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 083 375 8443

Helderberg Uitreik het pas ‘n nuwe projek, Vensel Daycare registreer.

Die doel is om die bestaande dagsorg fasiliteit in Nomzamo te ondersteun en van hulp en kundigheid te voorsien om hulle visie uit te voer. Om langs hulle te staan en hulle by te staan in die volvoering van hulle visie. “To provide and promote high quality accessible early learning to under privileged children at an affordable fee.”

Indien jy belangstel in vroeë-kinderjare ontwikkeling, kontak asb vir projekleier Roelof Louw by 082 467 4328 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

“The first 5 years have so much to do with how the next 80 turn out” Bill Gates

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri