Die kerkkantoor sal gesluit wees vanaf vandag, 27 Mei, en is weer oop Dinsdag, 1 Junie 2021. Sondag se eredienste gaan soos normaal voort.
Twee van ons personeellede in die kantoor het Covid gekry en as voorsorgmaatreƫl werk die res van die personeel vanaf die huis vir die volgende paar dae. Ons wil ook nie mense wat die kerkkantoor besoek blootstel nie, daarom het die Covid-taakspan besluit om die kantoor toe te maak vir die paar dae.
Wees egter verseker dat die kantoor en die kerk deeglik en voortdurende gesaniteer word. Ons bid saam met julle vir almal wat in hierdie tyd siek word en veral ook vir ons mediese personeel in die omgewing.