Ons begin Sondag met ons nuwe preekreeks wat handel oor “Verhoudinge”. Die tema vir Sondag 30 Mei se eredienste is “Wees eg” en ons skrifgedeelte Lukas 18:9-14. Ons leef in ‘n wêreld waar mense sukkel om eg (“real”) te wees. Ongelukkig is dit nie goed vir verhoudings nie – nie vir ons verhouding met God nie en ook nie ons verhoudinge met mekaar nie.
Die vraag is: Hoe doen ons dit? Is dit moontlik om altyd eg te wees? Is daar nie maar altyd iets wat ons agter ons maskers wegsteek nie? Die Fariseër het nog met sy masker rondgeloop en agter sy masker na die tollenaar gekyk. Die tollenaar was bereid om sy masker af te haal en net eg voor God te wees. Ons moet erken dat dit soms vir godsdienstige mense moeiliker is om eg te wees. Jesus is vir ons die volmaakte voorbeeld van egtheid. Mag ons sy voorbeeld navolg. Sonder egtheid kan ‘n verhouding nie groei nie.
Die skakel om te bespreek in die die kerk is: https://forms.gle/D3ToBVGLDfcUQzAc9 Die deurkollekte gaan vir KidsXpress.