Helderberg Beradingsentrum

Mense in konflik benodig soms ‘n neutrale buitestander (mediator) om aanvaarbare oplossings vir hulle probleme en konflik te kry. Die proses heet mediasie. Dit is sonder twyfel die heel beste manier om ‘n skikkingsooreenkoms aan te gaan, wanneer daar op ‘n egskeiding besluit sou word. Ook ander ernstige probleme in gesinne, byvoorbeeld erge konflik tussen ouers en kinders, probleme rondom chemiese (alkohol en ander) afhanklikheid en ook om inligting oor die gevolge van egskeiding te kry, nog voordat daar op ‘n egskeiding besluit word, kan deur ‘n mediator hanteer word. Uiteraard is so ‘n diens vrywillig en vertroulik.

Na ‘n egskeiding deel ouers ouerlike regte en verpligtinge ten opsigte van hulle kinders. Dit bring dikwels ook konflik. Ouers kan deur mediasie gehelp word om mekaar te vind. Die mediator mag in die proses bindende besluite vir ouers neem, as hulle nie kan of wil ooreenkom nie en die belange van die kindes daarvoor vra. Hierdie proses staan bekend as ouerkoördinering. In die proses word veral klem gelê op ‘n beter verhouding tussen die ouers.

Carlo Loubser (snr) is nou as onafhanklike kontrakteur vir ons gemeente beskikbaar en het ‘n mediasiediens hier begin. Hy het meer as 46 jaar as prokureur gepraktiseer en het mediasies vir meer as 33 jaar as deel van sy werk gedoen.

In plaas van gelde vir die werk word ‘n ooreengekome bydrae tot die koste en uitbreiding van ons Beradingsentrum deur kliënte gemaak. Die bydrae sal heelwat minder wees as wat hierdie werk gewoonlik kos. Mediasie-sessies begin soggens om 9:00 of 11:00 en in die middag om 14:00 of 15:00 uur. ‘n Sessie duur gewoonlik twee uur.

Kontakbesonderhede vir hierdie diens:
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. (by voorkeur)
O79 417 3863 (09:00 – 13:00)
082 881 8964 (sms’e alleen)

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri